Karibiese gebied

Nasa-Satellietbeeld van die Karibiese gebied
Kaart van die Karibiese gebied
Ligging van die Karibiese Eilande in die Amerikas
Kaart van die Karibiese gebied met maritieme grense

Die Karibiese gebied (Engels: Caribbean; Frans: les Caraïbes; Haïtiaanse Kreools: Karayib; Jamaikaanse Patois: Kiaribiyan; Nederlands: De Caraïben; Papiaments: Karibe; Spaans: El Caribe) is 'n streek in die westelike tropiese deel van die Atlantiese Oseaan, noord van die ewenaar. Dit bestaan uit die Karibiese See en die Wes-Indiese Eilande. Die Karibiese gebied is genoem na die volk van die Karibe, wat die Spaanse conquistadores op die Klein Antille ontdek het. Die gebied beslaan 'n oppervlakte van 2 754 000 km² en 'n bevolking van 39 169 962. Die Karibiese gebied behoort tot Noord-Amerika; net die eilande van Colombia en Venezuela asook die drie Guyana's word as 'n deel van Suid-Amerika beskou.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search